HEERLIKE MELKTERT IN ‘N BROODPANNETJIE
Ek het dit op 180°C vir 20 min in my varkieoond gebak in klein medium groot pannetjies.
Die resep is gehalveer vir die groote pannetjies.
Ons het 2 eierwitte by die vulsel gebruik.
- Kors :
- 1 ½ koppies koekmeel
- ½ koppie botter
- 3 teelepels bakpoeier
- ½ koppie suiker
- ½ koppie melk
- 1 eier
Klop botter en suiker tot romerig, voeg eier, bakpoeier, meel, en melk by en meng deeglik tot ‘n deeg , smeer deeg egalig in tertbak teen die rante ook.
Nota:
Kors en vulsel word saam gebak, nie apart nie.
- Vulsel:
- 4 ½ koppies melk
- 3 eiers
- 1 ½ hoogvol teelepels koekmeel
- 1 ½ eetlepels botter
- 4 ½ eetlepels suiker
- 2 ¼ eetlepels Maizena
- 1 ½ teelepel vanilla essence
Kook 4 koppies melk met die helfte van die suiker. Roer koekmeel en maizena, aangemaak met die halwe koppie melk, eiergele en suiker in by warm melkmengsel. Haal van die hitte af en roer botter, geursel en styfgeklopte eierwitte in.
Skep in kors.
Strooi kaneel oor en bak vir 15 – 20 minute op 180 ºC (voorverhit)
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw