HEERLIKE MARINADE VIR HOENDERVLERKIES OF STUKKE
Resep aangepas en foto: Rina Kleinhans
Ek het hierdie resep probeer en dit is nogal iets lekker. Ek het sommer net met boudjies gedoen, en hulle nie baie bruin gebraai nie, want ek wil hulle nie droog hê nie.
- 1,5 kg hoendervlerkies of 1 kg stukke
- Vir die marinade:
- 2 gehoopte eetlepels jogurt of karringmelk
- 100 ml melk
- 2 fyngedrukte knoffelhuisies
- 4 eetlepels olyfolie of groente-olie
- 1 eetlepel tamatiepasta of 2 eetlepels tamatiesous
- 1 teelepel paprikapoeier
- ½ teelepel rissievlokkies (opsioneel)
- 1 teelepel tiemie
- 1½ teelepel sout
- ½ teelepel swartpeper
- 1 opgehoopte teelepel heuning
- 1 opgehoopte korrelmosterd
- 1 eetlepel suurlemoensap
- Meng al die bestanddele goed saam, maak seker dat die heuning opgelos is.
- Maak klein snytjies in die vleis, twee of drie plekke sodat die geure lekker kan intrek. Indien jy heel vlerkies gebruik, sny hulle in twee.
Marineer die hoenderstukke in die mengsel verkieslik oor nag, anders nie minder as 2 ure nie. - Pak die hoenderstukke op ‘n bakplaat, smeer weer met van die marinade en bak by 230ºC tot die hoender amper gaar is, sit dan die rooster element aan, smeer weer die laaste keer met marinade en laat mooi bruin word, hou maar dop dat dit nie brand nie.
- Die baktyd hang af van die tipe hoenderstukke jy gebruik. Vir vlerkies alleen, sal dit ongeveer 40 min.
Category:

