HEERLIKE, MAKLIKE VISGEREG
- 500 g gaar gevlokte vis (haddock, snoek of stokvis)
- 1 groot pak aartappelskyfies, fyn gedruk (sout en asyn of smoked beef)
- Witsous:
- 250 ml melk
- 25 ml koekmeel
- 25 ml botter/margarien
- 1 koppie gerasperde kaas
Smelt botter, roer meel in, en gooi melk stadig by terwyl aanhoudend roer. Wanneer sous rukkie gekook het en verdik het, haal van die stoof af en voeg die kaas by.
Die vis moet net-net gaar gekook wees. Voer ‘n plat, 2 liter bak uit met ‘n laag aartappelskyfies. Hou ‘n bietjie daarvan om bo-oor te strooi. Meng die vis en witsous en skep egalig bo-op die laag aartappelskyfies in die bak. Strooi nou ‘n lagie aartappelskyfies bo-oor.
Bak in oond vir 30 min by 180°C.
Bedien saam met ‘n lekker groen slaai.
Nota van Petré van Jaarsveld
Ek het ‘n halwe ui fyngekap, 6 sampioene in skyfies gesny, minder as ‘n kwart van elk rooi, geel en groen soetrissies in blokkies gesny en ‘n teelepel knoffel saam gebraai met om en by 5 eetlepels sweet chilli sauce en by die vismengsel ingemeng.
Het ook dan Mexican Chillie skyfies gebruik, asook kaas oor gerasper.
Resep geplaas deur Riana Du Plessis
Foto: Petré van Jaarsveld