Your Recipe Blog

HEERLIKE LITCHI HOENDERSLAAI

HEERLIKE LITCHI HOENDERSLAAI

  • 800 g hoender fillette, in blokkies gesny
  • 2 suurlemoene, gebruik die sap en skil van die suurlemoen
  • 1 groot blik litchies, gedreineer en hou die sap eenkant
  • 15 ml olyfolie
  • 2 rooi uie, gekap
  • 10 ml knoffel (ek gebruik gekoopte knoffel wat reeds fyngedruk is)
  • 5 ml kerriepoeier
  • 125 ml witwyn
  • 30 ml mayonnaise
  • 30 ml blatjang
  • 250 ml gewone jogurt
  • 500 ml blaarslaai
  • 1 klein komkommertjie, in wieltjies gesny
  • 3 wieletjies Fetakaas
  • 1 pakkie klein kersietematies, gehalveer
  • 2 avokado’s, geskil en in blokkies gesny
  • 1 handvol olywe
  • vars koljander, vir garnering
Geur hoenderblokkies met suurlemoensap, – skil, hoenderspeserye, sout en peper en braai die hoender tot gaar en hou eenkant.
Braai uie en knoffel tot sag, voeg kerrie by en braai vir ‘n paar sekondes.
Voeg litchiesap en witwyn by en kook vir 10 min.
Voeg die hoenderblokkies by en kook vir ongeveer 5 min. Ek het die sous verdik met Maizena.
Laat die hoendermengsel afkoel.
Meng die mayonnaise, jogurt en blatjang saam.
Rangskik die blaarslaai, komkommer, Fetakaas, kersietamaties, avokado’s en olywe in ‘n groot slaaibak voor.
Sodra die hoendermengsel afgekoel het, meng die mayonnaisemengsel deur die hoenderblokkies.
Voeg die hoender by die slaai mengsel, garneer met koljander en bedien.
Resep en foto: Elna Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page