Your Recipe Blog

HEERLIKE LEMOENKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

HEERLIKE LEMOENKOEK

  • Meng goed saam:
  • 250 g margarien (die in die blokke nie bakke, moet kamertempratuur wees)
  • 1½ koppie suiker
  • 5 eiers
  • Sif die volgende saam:
  • 500 g bruismeel
  • ¼ teelepel sout
  • Rasper:
  • 2 groot- of 4 klein lemoene se skil  af en druk die sap uit
  • Optioneel:
  • melk

Voeg bruismeelmengsel, lemoenskil en -sap by boonste mengsel.
Meng goed, as beslag ‘n bietjie styf is, kan jy bietjie melk byvoeg.
Smeer oondpan of groot ringpan.  Skep die beslag in die voorbereide pan.
Bak in oond by 160°C vir 45 min.

  • Versiersel:
  • 250 g margarien
  • 1 kg versiersuiker
  • ± 100 ml suurlemoen sap

Klits margarien baie baie goed tot dit lyk soos room, voeg die versiersuiker lepelsgewys by terwyl jy heeltyd klits tot alles bygevoeg is en die tekstuur mooi glad is. Voeg suurlemoensap geleidelik by tot dit na smaak is, die hoeveelheid hang af van hoe suur jy dit verkies, maar onthou hoe langer die versiersuiker staan hoe meer kom die geur deur.
Jy kan bietjie melk byvoeg as dit te styf is maar nie te veel nie.
Versier die afgekoelde koek soos verkies.

Nota:
As jy nie bruismeel het nie, gebruik:
3 koppies gesifte koekmeel
4 teelepels bakpoeier

Resep en foto:  Duifie Miller

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5