HEERLIKE LEMOEN KOLWYNTJIES
(Genoeg vir 12)
- 180 g (¾ koppie) botter
- 180 g (¾ koppie) strooisuiker
- 3 eiers
- 65 ml melk
- 60 ml lemoensap
- fyngerasperde skil van 1 lemoen
- 375 ml koekmeel met
- 11.25 ml bakpoeier (dit is ekwivalent van 375 ml bruismeel)
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Room die suiker en botter saam tot lig en romerig.
Voeg die eiers, melk, lemoensap en skil by en klits goed.
Vou die bruismeel in die mengsel in.
Skep die deeg in kolwyntjie-papiertjies in die kolwyntjie pannetjies.
Bak vir 15 – 20 minute en laat afkoel op ’n draadrakkie.
Het sommer my gewone botterversiersel gebruik:
- 375 ml versiersuiker
- 100 g margarien/botter
- gerasperde lemoenskil na smaak
- lemoensap
Klits botter baie goed tot romerig. Voeg versiersuiker by.
Hou aan klits en voeg lemoensap bietjie vir bietjie by totdat dit die verlangde dikte bereik.
Voeg skil by en hou aan klits tot romerig.
Versier soos verlang.
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn