Your Recipe Blog

HEERLIKE LAMSKERRIE

HEERLIKE LAMSKERRIE

Resep en foto:  Amanda Austen

  • 1.5 kg lamsnek of skenkels
  • 2 uie opgesny
  • 1 blikkie (400 g) heel tamaties, opgesny
  • olie vir braai
  • 4 knoffelhuisies opgesny
  • 15 ml vars gemmer fyn gesny
  • 30 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 5 ml komyn
  • 5 ml koriander
  • 15 ml garam masala
  • 1 blokkie bief aftreksel opgelos in 500 ml water
  • sout en peper na smaak
  • 2 wortels opgesny
  • 2 aartappels opgesny
  • vars koljander vir opdiening
  • Braai die uie in die olie tot geurig.
  • Voeg die knoffel, gemmer en speserye by en braai 1 min lank.
  • Voeg die lam, tamaties, sout, peper en aftreksel by en prut vleis stadig tot sag.
  • Voeg die wortels en aartappels by en kook tot die groente sag is.
  • Sprinkel vars gekapte koljander oor voor opdiening (opsioneel).
  • Bedien met rys.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page