HEERLIKE KORSLOSE MELKTERT
- 6 koppies melk
- 1 ½ koppies suiker
- 1 ½ koppies koekmeel
- 6 eiers
- 1 ½ teelepel bakpoeier (Ek het net bruismeel vir resep gebruik)
- 6 eetlepels margarien
- 1 eetlepel vanilla
- knippie sout
- kaneel vir bo-oor strooi
Stel oond op 180°C.
Klits eiers en suiker goed saam. Smelt margarien en voeg by.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Nie as jy bruismeel gebruik nie.
Voeg by eiermengsel en klits liggies. Voeg melk geleidelik by terwyl jy klits.
Laaste voeg vanilla by en meng deur.
Skep in groterige oondpan. Bak vir 35-40 minute tot gestol.
Nota:
(Ek het myne nog langer in die oond gehou. Beweeg die bak en toets of dit gestol is)
Strooi kaneel oor sodra melktert uit oond kom.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff