HEERLIKE KLAPPERKOEKIES
Gebruik margarien met ‘n 70 % vet inhoud.
- 500 g margarien
- 3 koppies suiker
- 6 koppies koekmeel
- 6 koppies klapper
- 4 teelepels koeksoda
- 2 teelepels gemmer
- 2 eiers
- 4 eetlepels fyn appelkooskonfyt
Verroom die margarien en suiker saam tot romerig. Voeg die eiers by en meng goed. Roer die appelkooskonfyt by. Voeg droë bestanddele by en maak deeg aan.
Strooi oppervlak liggies met koekmeel en rol deeg plus minus 3 mm dik uit.
Druk af met koekiedrukker.
Plaas die koekies op ‘n voorbereide bakplaat en bak by 180°C vir 15 tot 20 minute tot goudbruin.
Die koekies kan ook opmekaar gesit word met gesmelte sjokolade.
Resep en foto: Alta de Wet