Your Recipe Blog

HEERLIKE KLAM WORTELKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes

HEERLIKE KLAM WORTELKOEK

  • Beslag:
  • 500 ml suiker
  • 4 groot eiers
  • 3 ml vanilla geursel
  • 375 ml sonneblomolie
  • 500 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 10 ml koeksoda
  • 10 ml fyn kaneel
  • 5 ml sout
  • 750 ml gerasperde wortels
  • 200 ml fyn klapper
  • 250 ml okkerneute, gekap
  • 250 ml geblikte fyn pynappel, gedreineer
  • Versiersel:
  • 125 g botter, sag
  • 500 g versiersuiker
  • 250 g roomkaas
  • 5 ml vanilla geursel
  • ekstra gekapte neute om bo-oor te sprinkel

Verhit oond tot 180ºC. Smeer twee 23 cm-koekpanne en voer uit met bakpapier.
Klits eiers, suiker en vanilla saam en voeg olie geleidelik by.
Sif meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout saam en meng by eier-mengsel.
Voeg gerasperde wortel, klapper, okkerneute en pynappel by beslag.
Skep in voorbereide panne en bak ongeveer 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.
Laat dit afkoel in die panne.

Vir die versiersel:  Foto 2.
Room botter  baie goed en voeg helfte van die versiersuiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig.
Meng roomkaas by en meng op lae spoed. Voeg laastens res van die versiersuiker en vanilla by.
Meng net tot alles goed deurgemeng is, moenie oormeng nie anders raak die versiersel loperig.
Keer koeke uit panne uit en verwyder bakpapier.
Smeer een koek met die helfte van die versiersel. Plaas die ander koek bo-op en smeer oorblywende versiersel. Sprinkel neute bo-oor.
Of
Versier met karamel in die middel en buite om net soos verkies soos op foto 1.

Foto’s:  Gideon Louw en Meisie van der Colff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page