HEERLIKE KLAM PIESANGKOEK
- Beslag:
- 125 g sagte margarien of botter
- 375 ml suiker
- 2 groot eiers
- 500 ml bruismeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- knippie sout
- 5 ml vanilla
- 60 ml karringmelk
- 250 ml fyngedrukte piesang
- Versiersel:
- 125 g botter, sag
- 500 g versiersuiker
- 250 g blok roomkaas
- 5 ml vanilla geursel
- 1 blik karamel kondensmelk, opsioneel
- 3 vars piesang, opsioneel
Beslag:
Verroom die margarien (of botter) en suiker goed saam tot lig en donsig. Klits die eiers een vir een by.
Sif die droë bestanddele oor en voeg die vanilla, karringmelk en fyngedrukte piesang by.
Meng goed en verdeel tussen 2 voorbereide 23 cm losboompanne.
Bak vir 30 minute tot uitgerys en deurgaar.
Laat die koeke vir ’n paar minute in die panne afkoel en keer dan op draadrakke uit om verder af te koel.
Vir die versiersel:
Plaas die piesangs in kookwater tot die skil goed swart geword het, laat heeltemal afkoel voor jy skil om te gebruik.
Vir die middel, smeer helfde karamel op die eenkant en sny piesangs in ringe en plaas op die karamel.
Die ander helfde van die karamel smeer jy op die ander koek en plaas dit dan op die piesangs.
Nota:
Die is opsioneel want eintlik is die versiering genoeg.
Room botter en voeg helfte van die versiersuiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig. Voeg roomkaas by en meng op lae spoed. Voeg laastens res van die versiersuiker en vanilla by. Meng tot alles goed deurgemeng is, moenie te veel klits nie, anders raak die versiersel loperig.
Smeer versiersel bo-op en reg rondom die koek of soos verkies en versier met neute.
Resep en foto: Meisie van der Colff
2de foto: Ilze Jacobs
Ek het die koek in my standaard ronde koekpanne gebak (35 min by 180ºC), en nie karamel en gesnyde piesangs in die middel gesit nie-net nog roomkaas versiersel. En dis heerlik