Your Recipe Blog

HEERLIKE KERRIE VARKSTERTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 3 ure | Servings: 2 porsies

HEERLIKE KERRIE VARKSTERTJIES

Resep en foto:  Gideon Louw
Ek’t amper my vingers ook opgeëet.

  • 7  varkstertjies, skoongemaak en in ‘n oondbak gepak
  • 1 groot ui, grof gekerf
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel peper
  • 2 teelepels rissievlokkies
  • Strooi gekapte uie oor die stertjies saam met ‘n ½ koppie water.
  • Sprinkel sout, peper en rissievlokkies oor.
  • Bedek met foelie en bak vir twee ure op 180°C.
  • Verwyder die foelie en giet die volgende mengsel bo-oor.
  • Mengsel:
  • 1 eetlepel “mild and spicy” kerriepoeier
  • 3 eetlepels suiker
  • ½ pakkie bruin uiesoppoeier
  • 1 koppie water
  • Meng kerriepoeier, suiker en uiesoppoeier met die water en giet oor die stertjies.
  • Bedek weer met foelie en bak vir nog ‘n uur.

Bedien saam met kapokaartappels en geniet.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page