Your Recipe Blog

HEERLIKE KAASSKONS

Recipe by
Cook: 15 - 18 min | Servings: 12 - 13 skons

HEERLIKE KAASSKONS

Kaasskons vir 3 honger tienerseuns vandag – die resep is ongelooflik maklik en kom uit die Edmonds kookboek in NZ (soos die ou Bakers kookboek in SA).

  • 3 koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepel mosterdpoeier
  • ¼ teelepel rooipeper (cayenne)
  • ½ teelepel sout
  • ¾ koppie gerasperde kaas
  • 75 g botter
  • 1¼ koppie melk en ekstra om bo-op te verf

Verhit die oond tot 220°C.
Meng die koekmeel, bakpoeier, mosterdpoeier, rooipeper, sout en kaas saam.
Vryf die botter in met jou vingers totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Meng die melk met ‘n slaplem mes tot alles net gemeng is.
Keer uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Druk die deeg saam en rol liggies uit tot omtrent 2.5 – 3 cm dik.
Druk skons uit met ‘n koekie/skon drukker.
Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat en verf met die oorblywende melk.
Bak 15 – 18 minute tot goudbruin.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page