HEERLIKE KAASSKONS MET JOGURT
- 500 ml bruismeel
- 50 – 70 ml semels
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 5 ml mosterd
- 250 ml gerasperde kaas
- 60 ml olie
- 1 eier
- 1 houertjie vanilla- of bulgaarse jogurt (100 g)
- 15 ml asyn
- ongeveer 80 ml melk
Meng die droë bestanddele saam en voeg die kaas by.
Meng olie, yogurt, asyn, melk en eiers, meng by meelmengsel in en meng goed.
Deeg is styf, maar nie te styf nie, (pas melk aan indien nodig).
Skep met ‘n lepel in muffin pan (6) en bak vir 20 min by 180 ºC of tot toetspen skoon uitkom.
Nota:
Vir die klein muffin pannetjie (12) bak vir 15 min by 180 ºC
Resep en foto: Rina Kleinhans