Your Recipe Blog

HEERLIKE ITALIAANSE LEMOENKOEK

HEERLIKE ITALIAANSE LEMOENKOEK

Ek het die koek met ‘n koppie lemoensap gebak en sommer bietjie kaneelpoeier by die lemoensap in die koek gevoeg met geen sous nie. En die koek is nog steeds lieflik en klam. Maar die sous is dekadent en voel baie “grand”, dit laat ook ‘n lieflike glans bo-op die koek wat baie aanloklik lyk. 🧡

  • Koek:
  • 200 ml vars uitgedrukte lemoensap *
  • 3 lemoene se skil – gebruik ‘n sitrus ‘zester’ (Nie die wit nie, dis vrek bitter) *
  • 45 ml lemoenlikeur
  • 5 eiers
  • 250 g strooisuiker
  • 175 g amandelmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 100 g geel mieliemeel (Polenta)
  • Stroop:
  • 1 koppie vars uitgedrukte lemoensap
  • 100 g strooisuiker
  • 30 ml water
  • 1 kaneel stokkie
  • 75 ml lemoenlikeur

Voer ‘n ‘SpringForm’ pan met waspapier uit.

* Ek het die koek hier aangepas gewoonlik moet jy twee lemoene in water stowe vir net onder ‘n uur; laat afkoel, pitte uithaal en saam versap – maar omdat ek nie van die bitter ‘merg’ van die lemoen hou nie het ek my resep verander – en dis vinniger as om die lemoen te stowe.

Koek:
Klits die strooisuiker en eiers saam tot die eiers lig in kleur is.
Voeg die lemoensap en likeur by.
Meng al die droë bestanddele saam en VOU VERSIGTIG in die nat mengsel in.
Plaas mengsel in die gevoerde ‘SpringForm’ pan.
Bak in ‘n oond van 180 ºC of 170 ºC as jy ‘n waaier oond het vir 40 min – toets – bak bietjie langer as nodig.

Stroop:
Verhit suiker STADIG tot karamel borrels verskyn.
Voeg vars uigedrukte lemoensap en kaneel stokkie by en bring tot kookpunt.
Voeg Likeur by.

Nota:
Hoe sterk dit na die likeur se alkohol sal proe, hang af of jy dit voor of na die mengsel begin kook het, bygevoeg het – die hitte verdamp die alkohol. Gewoonlik hou mense net van die geur van die likeur.

Gebruik ‘n tandestokkie en maak gaatjies bo in die koek.
Skep die stropie oor die koek.
Hou die helfte om by die koek te bedien.

Dis ‘n lekker klam koek en heerlik saam met tee.

Resep gepos deur Tani Ras-Devereux
Foto: Tani Ras-Devereux

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page