HEERLIKE HOENDER QUICHE
Petra Nel: Ek maak dit altyd dubbeld, want dit is baie gewild. Vinnig, maklik, min skottelgoed – warm of koud – ewe lekker.
Rina Kleinhans: Ek het hierdie resep gebruik, want ek het biltong gehad wat uitgedroog het in die yskas, ek het net roomspinasie wat ek gehad het ingesit, en bietjie sprietuie, en sommer in my muffin pan gebak. Regtig heerlik!!
TUNA / SNOEK / ASPERSIES OF BILTONG kan gebruik word.
- 250 ml vars room
- 1 koppie gevlokte gaar hoendervleis, of dit wat jy gebruik van genoemde
- 3 groot eiers
- vars gekapte pietersielie
- 250 ml gerasperde Cheddar kaas
- 1 kleinerige grof gerasperde ui
- sout en peper na smaak
- 125 ml koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier (of net bruismeel in die plek van meel en bakpoeier)
- 125 ml roomspinasie, opsioneel
Meng alles saam, plaas in ‘n gesmeerde quiche bak en bak by 180º vir ± 1 uur.
OF
Skep in gespuite muffinpan en bak by 180ºC vir ongeveer 20 – 30 min. Laat staan ‘n rukkies in die pan en lig versigtig uit.
Bedien saam met mengelslaai of aartappel slaai. Net waarvoor jy lus het.
Resep: Petra Nel
Foto’s: Rina Kleinhans