Your Recipe Blog

HEERLIKE GROENTESLAAI

HEERLIKE GROENTESLAAI

“Slaai is op sy lekkerste indien dit 24 uur gestaan het.”

  • 1 pakkie Italiaanse slaaisouspoeier (Knorr)
  • ½ koppie asyn
  • ½ koppie water
  • ½ koppie kookolie
  •  1 teelepel bruinsuiker
  •  2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 1 groen soetrissie, fyn gekap
  • 1 ui, in stukke, opsioneel
  • gekapte pietersielie, na smaak
  • groente van eie keuse (verkieslik harde groente soos wortels in skywe, murgpampoentjies in stukke, klein geelpampoentjie in stukke en heel sampioene)

Plaas al die bestanddele in ‘n groot glasbottel wat goed seël en meng baie goed.
Plaas die slaai in die yskas.
Keer die bottel na ‘n paar uur om.  Herhaal die proses ‘n paar keer.

Resep en foto: Francis Schoeman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5