HEERLIKE GOUESTROOP
- 1 kg suiker
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel kremetart
- 1 koppie water
- Ekstra:
- 1 koppie koue water
Kook alles behalwe die ekstra koppie water tot alles opgelos is.
Kook terwyl jy aanhoudend roer tot dit ligbruin word.
Haal af van die hitte af en roer ‘n koppie koue water geleidelik by.
Laat afkoel en plaas in ‘n houer wat goed seël.
Resep en foto: Mariane Otto
Category: