HEERLIKE GOEDKOOP BROS SEMELBESKUIT
Ek het hierdie resep lank gelede op FLR gesien en ge-print (askies, “gedruk” klink nie vir my lekker nie!). Twee maande terug het ek, huiwerig, eers die helfte van die resep aangemaak. Toe paar maal die hele resep gemaak, maar aangepas. Ek gebruik minder suiker en margarien, meer sout. Inplaas van water gebruik ek Amazi/maas. Hier volg my weergawe van Benhet Nieuwenhuis se resep.
- Meng die volgende:
- 8 koppies koekmeel
- 8 koppies semels
- 2 koppies suiker
- 2 teelepels sout
- 12 teelepels bakpoeier
- Voeg by:
- 500 g sagte botter/margarien
- 3 koppie Amazi/maas
Meng goed.
Dis ‘n redelike slap deeg.
Druk liggies in pan/panne vas.
Bak ±45 minute teen 180°C. (Jy sal jou oond ken. Toets met toetspen vir gaar.)
Laat afkoel, sny vingers en droog uit. Ek het gevind dat as die stukkies te dik is, neem dit langer om uit te droog.
Resep en foto: Corrie Davel