HEERLIKE GEVULDE SKORSIES
- 1 skorsie, oopgesny en pitte verwyder
- 250 g spek blokkies
- ½ ui, fyn gekap
- 3 eetlepels fyn maaskaas
- 2 teelepels sampioenroomsop (poeier)
- 3 eetlepels melk
- 1 eetlepels blatjang
- gerasperde kaas
- sout, peper, aromat, knoffel en rissie speserye
- pietersielie
Kook skorsie tot sag.
Braai opgekapte ui en fyn gesnyde spek saam tot lekker “crispy”.
Meng soppoeier, maaskaas en melk saam. Voeg by uiemengsel en laat prut vir ‡ 5 minute.
Mengsel moenie loperig wees nie.
Voeg blatjang, ½ koppie kaas en speserye by.
Skep mengsel in die halwe skorsies.
Plaas in oondvaste bak, strooi nog gerasperde kaas bo-oor en rooster vir plus minus 10-15 minute tot mooi goudbruin.
Strooi bietjie pietersielie bo-oor vir garnering.
Resep en foto: Anel Engelbrecht Portela