HEERLIKE GEBAKTEPOEDING MET ‘N STOOP
Resep en foto: Amanda Austen
- 500 ml bruismeel
- 2 eiers
- 125 ml melk
- 30 ml konfyt
- 125 ml suiker
- 5 ml koeksoda
- 15 ml margarien
- knippie sout
- Stel die oond op 180°C.
- Bespuit ‘n 20 – 25 cm oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
- Meng al die bestanddele goed saam.
- Skep uit in die voorbereide oondvaste bak en bak vir 30 minute lank, tot gaar. (toets met ‘n toetspen).
- Maak intussen die volgende sous.
- Sous:
- 200 ml water
- 1 blikkie Ideal Melk
- 100 g margarien
- 150 ml suiker
- 5 ml vanilla geursel
- Plaas die sous bestanddele in ‘n pot op die stoof en laat sous opkook tot suiker opgelos.
- Giet die warm stroop oor die warm poeding sodra dit uit die oond uitkom.
Bedien met vla.
Category:













