HEERLIKE GEBAKTEPOEDING MET ‘N STOOP
- 500 ml bruismeel
- 2 eiers
- 125 ml melk
- 30 ml konfyt
- 125 ml suiker
- 5 ml koeksoda
- 15 ml margarien
- knippie sout
Stel die oond op 180°C.
Bespuit ‘n 20 – 25 cm oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Meng al die bestanddele goed saam.
Skep uit in die voorbereide oondvaste bak en bak vir 30 minute lank, tot gaar. (toets met ‘n toetspen).

Maak intussen die volgende sous.
- Sous:
- 200 ml water
- 1 blikkie Ideal Melk
- 100 g margarien
- 150 ml suiker
- 5 ml vanilla geursel
Plaas die sous bestanddele in ‘n pot op die stoof en laat sous opkook tot suiker opgelos.
Giet die warm stroop oor die warm poeding sodra dit uit die oond uitkom.
Giet die warm stroop oor die warm poeding sodra dit uit die oond uitkom.
Bedien met vla.
Resep en foto: Amanda Austen
Category: