HEERLIKE DIK BOONTJIESOP
Dit raak nou winter, en ek wil graag my boontjiesop resep met julle deel. Ek weet as julle dit maak soos die resep, gaan julle dit nog baie maak.
- 1 pakkie wit nierboontjies
- 1 pakkie rooi spikkelboontjies
- ½ pakkie 4 in 1 droë sopmengsel
- 1 groot ui
- 1 groot aartapel
- 3 wortels
- 1 kg lamskenkels of beesvleisstukke
- 1 blokkie lamsaftreksel
- sout en peper na smaak
Week die wit en rooi bone vir so 3 tot 4 ure. Spoel die water 3 keer af. My Ma het altyd gesê jy moet die “poep” afspoel.
Ek sit in die begin genoeg water om die bone te bedek, sodat dit kan uitswel. Jy sal sien die water raak rooierig van die spekeled bone. Ek dreineer die water af na ‘n uur en sit dan weer water by om te bedek. Ek doen dit 3 keer. As ek die sop begin stoom, maak ek my pot vol water.
Plaas die bone in ‘n 10 liter stoompot.
Rasper die wortels en aartapel en voeg by.
Sny die groot ui in ringe en voeg by.
Voeg een blokkie lamsaftreksel by en sit jou lekker lam/skaap potjiekos stukke of skenkels by.
Sout en peper volgens smaak.
Voeg die 4 in 1 sopmengsel by.
Vul die pot met water, ongeveer 7 liter water.
Kook vir 2 ure in die stoompot.
Haal die deksel af en druk die een kant (helfde) van die boontjies en vleis fyn in die pot.
Laat dit vir so halfuur verder prut sodat dit lekker dik raak.
Proe hom en voeg nog sout en peper by indien nodig.
Saam met vetkoek, kry jy nie sommer lekkerder nie.