HEERLIKE CUPCAKE VULSEL EN VERSIERSEL
Enige cupcake resep sal werk. Gebruik ‘n resep waarvan jy hou en weet lekker is.
- Karamel vulsel:
- 225 g gesoute botter
- 1 blikkie karamel kondensmelk
Meng die botter en karamel net tot romerig en moenie te lank klits nie. Die botter moet ook lekker sag wees anders meng dit nie goed nie. Maak ‘n gaaitjies in die middel van die cupcakes en spuit die vulsel in.
- Versiersel:
- Meng die volgende saam:
- 1.25 kg versiersuiker
- 500 g sagte wit margarien
- kakao (ek hou van ‘n swaar kakao smaak so ek sit sommer ektra by)
- melk
Voeg net genoeg melk, bietjie vir bietjie by, tot dit reg is om met ‘n spuitsak versier te kan word (piping).
Versier cupcakes na smaak.
Nota:
Ek deel ook die mengsels in 2 en sit sterk opgeloste koffie by een helfte, so 2 opgehoopte lepels net-net opgelos met klein bietjie kookwater.
Daar is versiersel oor, maar ek vries dit en ontdooi net en meng weer goed deur met volgende baksel.
Resep geplaas deur Riana Creighton
Fotos: Riana Creighton