HEERLIKE CIABATTA BROOD
- 4 koppies witbroodmeel
- 1 pakkie gis (10 g)
- 5 ml suiker
- 15 ml sout
- 125 ml olyfolie
- 450 ml lou warmwater
Meng meel, gis, sout en suiker. Meng 375 ml lou warm water en olyf olie saam en meng dan met meelmengsel. Kan ekstra water by sit as deeg te dik is. Meng met hout lepel tot daar geen klonte is. Laat rys tot dubbel die hoeveelheid.
Knie die deeg af (ek gebruik sommer weer die houtlepel).
Strooi meel op bakplaat en keer die deeg bo-op die meel uit.
Vorm die broodjie met die hand en vryf meel bo-oor.
Bak vir 10 minute teen 220°C en dan vir 25 – 30 min teen 180°C.
Nota:
Nie nodig om weer te laat rys na dit in die pan is nie, kan dadelik bak.
Resep en foto: Chantel Van Wyk