HEERLIKE BURGERS MET SPEKKONFYT
Resep en foto: Franco Dippenaar
Gisteraand die burgers gemaak.
- 500 g vark maalvleis
- 500 g bees maalvleis
- 1 teelepel sout
- ½ teelepel komyn
- ½ teelepel paprika
- Meng al die speserye in die vleis in.
- Vorm die burgers in ‘n pattie maker.
- Braai in varkvet tot net gaar. Haal uit en hou eenkant.
- Spekkonfyt:
- 1 pakkie spek, gesnipper
- 2 uie, gekap
- 1 knoffelhuisie, gekap
- ¼ teelepel rooipeper
- ¼ koppie suiker
- 2 eetlepels maple stroop
- Braai stukkies spek in ‘n pan tot krakerig.
- Haal uit en hou eenkant.
- Braai die uie in die spek se vet.
- Voeg daarby die knoffelhuisie en die rooipeper.
- Braai tot die uie lekker gekaramaliseer het.
- Sit die spek weer terug by die uiemengsel.
- Voeg die suiker en stroop by.
- Laat prut oor lae hitte totdat dit lekker dik en taai is.
Bou die burger op ‘n broodrolletjie met tamatie, blaarslaai, pattie en spekkonfyt… Geniet
Category:













