HEERLIKE BURGERS MET SPEKKONFYT
Gisteraand die burgers gemaak.
- 500 g vark maalvleis
- 500 g bees maalvleis
- 1 teelepel sout
- ½ teelepel komyn
- ½ teelepel paprika
Meng al die speserye in die vleis in.
Vorm die burgers in ‘n pattie maker.
Braai in varkvet tot net gaar. Haal uit en hou eenkant.
- Spekkonfyt:
- 1 pakkie spek, gesnipper
- 2 uie, gekap
- 1 knoffelhuisie, gekap
- ¼ teelepel rooipeper
- ¼ koppie suiker
- 2 eetlepels maple stroop
Braai stukkies spek in ‘n pan tot krakerig.
Haal uit en hou eenkant.
Braai die uie in die spek se vet.
Voeg daarby die knoffelhuisie en die rooipeper.
Braai tot die uie lekker gekaramaliseer het.
Sit die spek weer terug by die uiemengsel.
Voeg die suiker en stroop by.
Laat prut oor lae hitte totdat dit lekker dik en taai is.
Bou die burger op ‘n broodrolletjie met tamatie, blaarslaai, pattie en spekkonfyt… Geniet
Resep en foto: Franco Dippenaar