HEERLIKE BOBOTIEGEREG UIT KOOK EN GENIET
- 2 uie
- kookolie
- 1 kg maalvleis
- 1 sny brood
- 250 ml melk
- 1 eier
- 15 ml kerriepoeier
- 1 ½ eetlepel suiker
- 10 ml sout
- 2.5 ml peper
- 7.5 ml borrie
- 30 ml asyn
- 125 ml rosyne en 4 lourierblare, opsioneel
- 45 ml blatjang
- Bolaag:
- 125 ml melk, gebruik van die melk waarin brood geweek het
- 1 eier
Voorverhit die oond tot 180°C.
Braai die uie en maalvleis in ‘n warm pan met olie tot gaar.
Week die brood in die melk, wanneer die brood deurweek is, druk die melk uit (plaas eenkant) en maak die brood fyn.
Meng al die bestanddele saam in ‘n mengbak en skep die mengsel in ‘n oondbak.
Bak die gereg vir 45 min tot 1 uur in die voorverhitte oond.
Klop die eier en 125 ml van die melk wat die brood in geweek het saam en giet oor die gereg ‘n halfuur voor dit uit die oond kom.
Sit voor met geelrys en blatjang.
Nota en foto 2:
Anne-Marie Marais – Ek het presies dieselfde resep gemaak. Die huismense het die bak leeg geëet! Baie geniet en gesê ek kan maar weer maak.
Resep getoets en foto 1: Lana Veltman