Your Recipe Blog

HEERLIKE BOBOTIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

HEERLIKE BOBOTIE

  • 2 snye bruinbrood
  • 200 ml melk
  • ½ ui, gekap
  • 25 ml suurlemoensap
  • 500 g maalvleis
  • 8 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 5 ml Aromat
  • 2 eiers
  • 30 ml blatjang
  • 3 lourierblare

Week die bruinbrood in die melk. Braai die uie en voeg suurlemoensap, kerrie, borrie, Aromat en maalvleis by, meng goed deur.
Druk die melk uit die brood en voeg by die vleismengsel. Voeg die blatjang en 1 eier by, roer deur. Meng die ander eier by die melk waarin die brood was. Skep die maalvleismengsel in ‘n oondbak en giet die melkmengsel oor. Druk 3 lourierblare bo op in.

Bak vir halfuur teen 180ºC tot gestol.
Baie lekker.

Resep: Lisa Swanepoel
Foto:  Tazlin Traut

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page