HEERLIKE BILTONG QUICHE
- Broskorsdeeg:
- 2 koppies koekmeel
- 150 – 200 g goeie botter
- 1 eiergeel
- 10 ml wit asyn
- 30 ml yswater
Klits eier, asyn en yswater saam.
Voeg botter by.
Voeg meel by en meng goed.
Laat rus in yskas vir 30 min.
Rol dun uit en plaas in quiche pannetjies.
- Vulsel:
- 250 g sterk Cheddar kaas, gerasper
- 150 g goeie biltong, baie dun gesny
- 4 eiers
- 375 ml room (of laevet maaskaas)
- vars gemaalde swart peper na smaak
- 3 takkies tiemie, afgestroop
Prik die boom van die kors.
Verhit oond tot 200ºC.
Plaas ‘n laag kaas onderin die kors.
Volg met biltong wat jy nog fyner breek.
Klits eiers en room of maaskaas, voeg peper by.
As biltong sout is oppas vir nog sout by eiermengsel.
Giet eiermengsel bo-oor.
Ek het bietjie “Sweet Basil” op elkeen gestrooi.
Strooi klein bietjies kaas bo-op.
Bak in die oond vir 40 min.
Verwyder uit pannetjie deur die pannetjie oor ‘n glas te sit. Die kant gly maklik af.
Gly die quiche vanaf die onderkant op droograk.
Bedien saam met slaai.
Resep: Marcelle Botha
Foto: Hannetjie Snyman