Your Recipe Blog

HEERLIKE BESKUIT MET SADE

HEERLIKE BESKUIT MET SADE

THARINA SE BESKUIT MET JOGURT

  • 1 kg bruismeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 1 koppie suiker
  • 500 g botter, gesmelt
  • 2 koppies gewone jogurt
  • 3 eiers
  • Opsioneel: (basies net wat jy wil bysit)
  • 1 koppie dadels, gekap en/of
  • 1 koppie rosyne en/of
  • 1.5 koppie sade en/of
  • neute en/of
  • 3 koppies All Bran

Meng alles saam.
Skep in voorbereide beskuitpanne.
Bak vir 40 min by 180°C.
Laat afkoel, sny en droog vir ± 5 – 7 ure.

Nota
Ek weet net dis vrek lekker. Ek moet elke tweede week ‘n baksel bak.
EN dis verskriklik maklik, geen geklits of geroom of invryf van botter nie.
Jy kan natuurlik klapper ook insit.
Wat ek doen met die dadels en rosyne (as ek dit gebruik), ek bedek dit net-net met kookwater en laat staan dit so 15 – 20 minute. Voeg dan met water en al by die ander bestanddele. Dit voorkom dat dit droog en hard word tydens die bakproses. As die deeg in die pan is, maak ek seker die rosyne en dadels is onder die deeg (loer nie uit nie).

Resep: Tharina Lamprecht

GROWWE BRUINBESKUIT
Die beskuit belowe ek vir jou is die lekkerste beskuit ooit. Geen eiers in die resep.

  • Droë bestanddele:
  • 1 kg Sasko Bran Rich bruismeel
  • 25 ml bakpoeier
  • 7.5 ml sout
  • 375 ml bruinsuiker
  • 750 ml All bran, fyner gedruk
  • 125 ml sonneblomsaad
  • 65 ml poppiesaadjies
  • Nat bestanddele:
  • 500 g botter
  • 500 ml karringmelk
  • 30 ml vanilla geursel

Meng die droë bestanddele saam en maak ‘n holte in die middel.
Smelt die botter en giet in die holte. Moenie roer nie.
Meng die karringmelk en vanilla saam en giet oor die gesmelte warm botter.
Roer nou alles saam.
Smeer ‘n oondpan en druk die beslag stewig in die pan vas.
Bak by 180°C vir 30 min. Toets of dit gaar is.
Laat die beskuit afkoel in die panne.
Sny in netjiese porsies en droog uit by 100°C vir 3 na 4 uur.
Voel of dit behoorlik uitgedroog is.

Resep: Marinda Kook
Resep geplaas deur Marie Franken

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page