HEERLIKE BEESVLEISBREDIE
Resep en Foto: Amanda Austen
- 1 kg beesstowevleis
- 15 ml olyfolie
- 1 groot ui gekap
- 3 knoffelhuisies gekap
- 80 ml koekmeel
- 600 ml beesvleisaftreksel
- 250 ml BBQ Sous (enige goeie braaisous)
- 60 ml worcestersous
- 2 lourierblare
- 5 ml gedroogde tiemie
- sout en peper na smaak
- Opsioneel: aartappels en wortels opgesny
- Verhit die olie in ‘n pot en braai die vleis bietjie vir biejie tot goudbruin in die olyfolie.
- Skep uit en hou eenkant.
- Sorteer die uie in dieselfde olie tot sag.
- Voeg die knoffel by en braai tot liggies en goudbruin. Sprinkel die koekmeel oor die uie en roer vir ongeveer 1minute.
- Voeg die beesaftreksel stadig by terwyl jy roer om klonte te voorkom.
- Voeg nou die BBQ sous, Worcestersous, lourierblare, tiemie en sout en peper by. Bring tot kookpunt.
- Skep die beesvleis terug in die pot en laat stadig prut tot die vleis sag is. Ongeveer 2 ure. (Opsioneel sit wortels en aartappels by ongeveer 30 min voor die einde van die kook proses) en laat kook tot sag
- Bedien met rys
Category:












