Your Recipe Blog

HEERLIKE BEESVLEIS KERRIE

HEERLIKE BEESVLEIS KERRIE

  • 1 – 1,5 kg beesvleisblokkies (kookvleis)
  • sout en peper na smaak
  • 2 uie, opgekap
  • 45 ml olie
  • 40 ml matige kerriepoeier
  • 4 naeltjies
  • 4 knoffeltoontjies, fyngekerf
  • 30 ml vars gemmer, fyn gekerf
  • 2 kaneelstokkies
  • 2 lourierblare
  • 1 ml rissievlokkies
  • 375 ml lemoensap
  • 45 ml appelkooskonfyt
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 1 blik heel geskilde tamaties (ongeveer 400 g)
  • vars pietersielie, opsioneel

Geur die beesvleisblokkies met sout en peper.
Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleis in 4 sarsies.
Skep uit en hou eenkant.
Soteer die uie in die res van die olie tot sag. Voeg die gemmer en knoffel by en soteer verder.
Voeg die kerriepoeier, naeltjies, kaneelstokkies, lourierblare en rissievlokkies by en soteer vir 1 minuut.
Voeg die lemoensap, appelkooskonfyt, sap en skil van suurlemoen asook die blik tamaties by.
Verhit tot kookpunt en voeg die vleisblokkies by.
Verlaag die hitte en prut stadig vir 2 – 3 ure lank tot vleis baie sag is.
Roer ‘n handvol vars gekapte pietersielie by – opsioneel.
Geur verder met sout en peper indien nodig.

Resep en foto : Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page