Your Recipe Blog

HEERLIKE ARM MANS POEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute

HEERLIKE ARM MANS POEDING

Resep en foto:  Anna Korff
Wie kan die poeding onthou, die oumense het dit arm mans poeding genoem. Ek het jare gesoek vir die resep en uiteindelik gekry en hy het die eerste keer reg uitgekom en is heerlik. 10/10 vir die poeding.

  • Stroop – Bring die volgende tot kookpunt:
  • 1 ¼ koppie suiker
  • 3 koppies water
  • 1 teelepel botter
  • 1 teelepel stroop
  • Beslag:
  • 1 ½ eetlepel botter
  • 1 ½ eetlepel stroop
  • 1 ½ koppie koekmeel
  • ½ koppie melk
  • 1 ½ teelepel gelyk vol koeksoda
  • ½ teelepel gemmer
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • Meng beslag en skep lepels vol in die stroop en kook oor stadige hitte vir ± uur.
  • Nota:  Ek het deksel opgesit moet maar net dop gehou word, my sous het tot bo geborrel, toe het ek hom net so baie klein skrefie oop gemaak. Maar dit was na die deeg gerys het.
  • Variasie: Floraine Wasserman Venter
    ‘n Baie lekker variasie is as jy 250 ml vrugtekoek mengsel inroer, gebruik dan 200 ml melk en bedien met brandewyn sousie, die gemmer is dan ‘n moet.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page