Your Recipe Blog

HEERLIKE APPELTERT MET SULTANAS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 - 60 Minute | Servings: 1 x 20 cm tert

HEERLIKE APPELTERT MET SULTANAS

Ek het hierdie heerlike tert in ‘n hartjiepan gebak net omdat ek kan en dit my man se gunsteling is.

  • Beslag:
  • 45 ml sagte margarien
  • 250 ml strooisuiker
  • 2 groot eiers
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout
  • 60 ml melk
  • 2 vars appels geskil, in ¼ gesny en in skyfies
  • hand vol sultanas
  • Sous:
  • 125 ml strooisuiker
  • 250 ml room
  • 5 ml karamel geursel
  • 2 stukkies kaneelstokkies
  • 80 ml van die water waarin die appels gekook het

Plaas die appels op die stoof saam met die sultana’s en kaneelstokkies. Sit water by net totdat alles toe is onder water en voeg die strooisuiker by. Kook tot die appels sag maar nie pap is nie. Sit eenkant om heeltemal af te koel.
Voorverhit oond tot 170°C. Smeer ‘n 20 – 22 cm losboom koekpan.

Nota:
Ek het die hele tert met die hand gemeng, vind ek kry beter resultate.
Maak seker al die bestanddele is kamertemperatuur.

Room margarien en suiker tot lig en donsig. Voeg eiers een op ‘n slag by en klits goed na elke byvoeging.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou by die geroomde mengsel in, afwisselend met die melk.
Dreineer die appels, maar hou die vloeistof eenkant.
Skep die beslag in die voorbereide koekpan en rangskik die appels en sultanas bo-op.
Druk die vrugte lekker in die deeg in en pak alles in.
Bak vir 30 – 40 min, of tot tandestokkie skoon toets. (baie belangrik myne gebak vir 60 min.)
Terwyl die tert bak, bring die room, geursel, strooisuiker en appelwater tot kookpunt en prut liggies vir 5 min.
Wanneer die tert uit die oond kom, maak die kante los en druk die tert vol gaatjies met ‘n sosatiestokkie.
Giet die roomsous oor die tert en help bietjie die sous insak met ‘n skerp messies.
Die roommengsel moet kookwarm wees. Laat die tert heeltemal afkoel in die pan voordat die klamp losgemaak word.  Haal die tert van die plaatjie af of bedien net so.
Bedien saam met syfgeklopte room en geniet.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page