HEERLIKE APPELKOEK
Ek wens almal ‘n baie lekker Sondag 🍎🍏😇 In Duitsland is dit Appel tyd en die sappige koek is vinnig vir familie tyd gebak.
Gebruik ‘n 26 cm koekpan.
- 2 eiers
- 325 g koekmeel
- 300 g suiker
- 250 g jogurt
- 200 ml olie
- 100 g Pekanneute of enige ander wat mens het
- 16 g bakpoeier (by ons een pakkie)
- 2 teelepels vanilla geursel
- 1 teelepel sout
- 3 appels
- 1 – 2 eetlepels gesmelte botter
- Na die baktyd:
- 2 – 3 eetlepels appelkooskonfyt
Meng al die bestanddele saam, buiten die appels en die botter.
Hoef nie eers met die elektriese menger geklits word nie, meng net goed met die hand.
Skil die appels en sny in 4, sny liggies bo-op soos op die foto en plaas op die deeg.
Smeer die gesmelte botter met ‘n kwas op die appels sodat al die appels bedek is.
Bak by 180°C vir 40 – 50 minute of tot gaar, toets.
Smeer die appelkooskonfyt oor die warm koek wanneer dit uit die oond kom.
Laat koud word, as mens daarvan hou kan mens dit nog versier met versiersuiker.
Probeer dit gerus, baie lekker.
resep en foto: Birgit Otto Vander Walt