HEERLIKE AARTAPPELS EENSKOTTELGEREG
Ek moes ‘n vinnige maaltyd vir ons maak en besluit toe sommer om met wat ek in die huis het twee gevulde aartappels te maak. Om een of ander rede wou die een aartappel nie behoorlik sag word nie. Ons skil toe maar die aartappels en sny dit in blokkies en kook dit nog ‘n ruk. Waarna die heerlike dis ontstaan het.
- 2 groot aartappels
- 250g strepies spek, klein gesny
- 1 gemiddelde ui, fyngekap
- sout en witpeper na smaak
- margarien na smaak
- 2 eetlepels mayonnaise
- 100 g Mozzarella kaas, gerasper
Kook die aartappels gaar in bietjie sout water en maak grof fyn, nie soos mash nie.
Braai die blokkies spek in bietjie olie van jou keuse, ek het Canola gebruik.
Voeg die uie by spek en braai tot sag.
Meng die aartappels en spekmengsel en voeg sout en witpeper na smaak by.
Indien die mengsel te droog lyk gooi ‘n bietjie magarien by en meng.
Meng die mayonnaise en helfte van die gerasperde Mozzarella kaas by die spekmengsel en meng alles deur.
Skep in ‘n voorbereide oondbak. (Ek het ‘n 20 x 20 cm bak gebruik.)
Strooi die res van die kaas oor.
Bak by 180°C vir omtrent 12 minute of tot kaas gesmelt het.
Bedien met tamatieslaai.
Resep en foto: Francis Schoeman