Your Recipe Blog

HEERIKE HOENDERKERRIE

Avatar photo
Recipe by
3 ure

HEERIKE HOENDERKERRIE

  • 12 hoenderstukke
  • vars kruie so groterige takkie salie, kerrieplant, roosmaryn, 2 naeltjies
  • 1 teelepel selderysade
  • 1 teelepel poppiesaad
  • 1 steranys
  • 2 teelepels sout
  • genoeg peper
  • hoender speserye na smaak
  • 2 opgehoopte eetlepels kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • olyfolie en stuk botter
  • 1 eetlepel knoffel
  • 1 teelepel gemmer
  • 1 teelepel groenrissie
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 uie
  • ½ van elk groen, rooi en geel soetrissie
  • 1 pak gemende groente
  • ¾ pakkie klein aartappels, in 4 gesny
  • 2 sakkies kaneel groentee, getrek in ‘n koppie kookwater
  • 1 sakkie Ina Paarmen hoenderekstrak
  • 1 koppie witwyn
  • 1 blikkie klappermelk

Braai die speserye en kruie in olyfolie en botter oor stadige hitte. Pasop vir brand.
Sit nou die uie, soetrissies en die vleis by en braai ook so klein bietjie.
Jy kan nog botter byvoeg as dit lyk of dit wil droog braai.
Giet nou al die vloeistof by en kook oor stadige hitte vir minimum van 3 ure. Hoe langer hoe lekkerder.
Bedien saam met rys of flatbread.

Resep en tweede foto: Marian van Deventer
Hoof foto: Elna Erasmus
Ek het vanaand hierdie hoenderkerrie gereg gemaak van Marian van Deventer. Ek het net die hoeveelheid kerrie verminder, ek persoonlik hou nie van teveel kerrie nie. Ek het ook heel klein aartappeltjies gebruik. Dit is voorwaar ‘n gereg vir die koue winter maande.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page