Your Recipe Blog

HEERENSOUSBOONTJIES

HEERENSOUSBOONTJIES

  • 500 g heerboontjies (lima bone)
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel peper
  • ¼ koppie bruinasyn
  • ¾ koppie suiker

Week die bone oornag in water.
Dreineer die volgende oggend die water af en sit skoon water op en bring tot kookpunt.
Dreineer die water af.
Bedek die boontjies net net met skoon water en kook vir omtrent 2 ure tot die bone sag is, moenie die water afgooi nie.
Voeg die ander bestanddele by en roer goed.
Kook stadig vir omtrent 15 min tot lekker souserig.
Skep in gesteriliseerde flesse.

Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page