Your Recipe Blog

HEEL LAMSKENKELS “POTJIE” IN DIE OOND

HEEL LAMSKENKELS “POTJIE” IN DIE OOND

Ek wou vandag ‘n lampotjie maak. Gisteraand droom ek, ek maak ‘n oond potjie.
Nog nooit so iets gemaak maar wil probeer. Het darem al heel lamskenkels saam groente in ‘n toe bak, in die oond gemaak.

  • 1,5 kg lams stowevleis
  • 2 uie, skuiwe gesny
  • 3 vars wortels, in repe gesny
  • 3 aartappels, in blokke gesny
  • 1 pakkie sampioene
  • sout en peper na smaak
  • Sous:
  • 2 eetlepels Bisto
  • 1 eetlepel Maizena
  • koue water om te meng

Voorverhit oond op 120˚C sodat alles baie stadig bak.
Sprinkel die sout en peper op die vleis en wortels. Plaas die vleis en die uie in ‘n oondpan en bedek met foelie. Bak in die oond vir twee ure, haal uit, pak wortels op die vleis en plaas terug in die oond vir ‘n uur.
Na ‘n uur kan die aartappels en sampioene bygevoeg word. Bak verder vir nog ‘n uur. Verwyder die foelie en braai in die oond vir ongeveer 20 minute onbedek.
Nadat ek die aartappels in die oond gebak het vir ‘n uur het ek die foelie afgehaal en van bo af gebak vir 20 minute.
Ek het die sous aangemaak en in die pan gegiet en in oond geplaas totdat die sous gestol het. Bedien met rys en ‘n slaai.

Resep en foto’s: Koos van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5