HEEL LAMSKENKELS EN CHAKALALA IN DIE DRUKKOKER
Vir wanneer jou kinders die slow cooker se plug uit die muur trek.
- 25 ml olyfolie
- 2 – 4 heel lamskenkels
- ½ blikkie chakalaka van jou keuse
- ½ blikkie gekapte tamaties/tamatiesmoor van jou keuse
- sout en peper na smaak
- versoeter of suiker na smaak
Verbruin die skenkels weerskante in die drukkoker (pressure cooker) in die olyfolie.
Voeg die res van die bestanddele (behalwe die versoeter/suiker) by en drukkook vir 45 minute.
Laat die druk afloop, en kook onbedek vir 15 minute of totdat die sous die dikte het wat jy graag wil hê.
Roer die versoeter of suiker by en bedien op kapokaartappels van jou keuse (blomkool mash vir ons).
Resep en foto: Ilze Jacobs