HAWERMOUT KOEKIES
Hierdie koekies is van daai “kannie ophou” koekies, bak sommer genoeg die eerste keer, anders gaan jy gou weer bak 🙂
- 360 g botter/margarien
- 3 koppies elk hawermout, klapper en koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 3 eiers
- 3 koppies bruin suiker
- 15 ml koeksoda
- 45 ml stroop
Room botter en suiker saam. Voeg die koeksoda, stroop en eiers by en klits goed deur.
Voeg die droë bestanddele by en meng goed deur. Die deeg is sag maar moenie nog meel byvoeg nie.
Rol bolletjies en sit ‘n entjie uitmekaar op gesmeerde bakplate.
Druk met ‘n vurk effens plat en bak by 180°C vir 10 tot 12 minute.
Nota: Rina Kleinhans
Omdat dit ‘n baie sagte deeg is, stel ek voor mens sit jou deeg of die klaar gerolde koekies eers ‘n rukkie in die yskas dat hulle goed koud word, en dan bak jy hulle, dan sal dit help dat hulle mooi vorm hou.
Resep geplaas deur Barbara Swart
Foto: Marlize Williams
2de foto: Johan Westenberg