HAWERMOUTKOEKIES (OATS)
Magda Brink – Ek wil net dankie sê ek het gister die oats koekie resep van Barbara Swart wat op groep is gebak en hul het baie mooi gebak en is heerlik.
Ek moet ook net byvoeg die deeg is baie sag, maar ek het myne vir so ongeveer 2 ure in yskas geplaas voor ek begin bak het, dat deeg net bietjie meer geset is om bolletjies te kan rol.
- 360 g botter of margarien
- 1 koppie hawermout (oats)
- 1 koppie klapper
- 1 koppie koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 3 koppies bruinsuiker
- 15 ml koeksoda
- 45 ml stroop
Room botter en suiker saam. Voeg die koeksoda, stroop en eiers by en klits goed deur.
Sif die droë bestanddele saam, voeg by en meng goed deur. Die deeg is sag, maar moenie nog meel byvoeg nie.”
Rol bolletjies en sit ‘n entjie uit mekaar op gesmeerde bakplate.
Druk met ‘n vurk effens plat en bak teen 180°C vir 10 – 12 minute.
Resep: Barbara Swart
2de foto: Marilize Williams
Hoof foto: Magda Brink