HAWERMOUT, KLAPPER EN BOSBESSIEBLOKKIES
- 250 g botter
- 5 teelepels stroop
- 2 teelepels koeksoda
- 2 koppies koekmeel
- 4 koppies hawermout (oats)
- 2 koppies klapper
- 500 g bosbossies (cranberries)
Smelt botter en stroop saam. Voeg koeksoda by.
Meng res van die bestanddele en voeg botter mengsel by. Meng goed deur.
Spuit ‘n oondpan met nie-kleefwerende middel.
Skep die mengsel in die pan en druk styf vas.
Bak in 180 ºC oond vir 15 min
Nota:
Kersies en neute kan ook ingesit word
Foto en Resep: Rika Olivier