Your Recipe Blog

“HAWAIIN STIR FRY” BRAAISLAAI

Avatar photo
Recipe by
15 - 20 min.
| Servings: 4 -6 porsies

“HAWAIIN STIR FRY” BRAAISLAAI

Hierdie slaai moet tenminste 1 dag staan om regtig heerlik te wees.

  • 500 g Hawaiin stir fry mix groente sonder pynappel
  • ½ koppie suiker
  • ½ koppie asyn
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel borrie
  • 1 teelepel meduim kerriepoeier, gelyk geskraap
  • 227 g geblikte pynappel ringe
  • 30 ml sweet chillisous
  • 2 teelepels Maizena, aangemaak met so 50 ml water
  • 3 eksta murgpampoentjies, in repies gesny

Kook murgpampoentjies vir ‘n paar minute en voeg “stir Fry” by.
Kook net ‘n klein rukkie, moenie pap kook nie, moet nog krakerig wees.
Giet al die water af en sit terug in pot.
Sny pynappelringe in stukkies en voeg by groente, voeg pynappelsous in maatbeker en meng res van bestanddele buiten Maizena daarby.
Sit mengsels by groente en kook lekker vinnig deur, proe of soet genoeg na jou smaak en sit bietjie suiker by indien nodig.
Sit aangemaakte Maizena by en kook 3 min.
Kyk dat jou sous lekker dik is maar nie te dik nie, want dit word dikker wanneer dit koud is.

Bottel warm in voorbereide bottels of laat net koud word.
Sit in yskas om môre te bedien saam met braaivleis.

Resep aangepas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans

Category:

2 Reviews

  1. Louise

    Hallo Rina
    Baiebaie dankie vir die resep.
    Dit lyk heerlik.
    Dink jy mens kan dit maak en gee vir ‘n geskenk? Sal dit’ n paar weke hou in die bottels op die rak?

    • Hi Louise
      Ek het dit maar nog altyd net in die yskas gehou maar ek is seker daar is geen rede waarom dit nie gebottel kan word as mens baie seker maak jou bottels en deksels is mooi skoon en alles word met skoon goedjies gebottel.
      As jy twyfel, sou ek dink bottel dit en hou dit net op ‘n koel plekkie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page