HARDERS IN ‘N DEGIE
Vanaand se oudurfie was nóg lekkerder as gistraant sin en ekt my heeltemal ooreet daar aan.
Ek was lis vir iets visserige en neem toe vyf harders. Hulle was maar kleinerig, maar maak dit toe skoon en sny die filletjies en haal die graatjies uit en sny in stukkies.
- 5 harders
- 1 koppie koekmeel
- ¾ koppie melk
- 2 teelepels sout
- 2 teelepels peper
- 2 eetlepels suiker
- 1 eetlepel rissievlokkie
- 1 eetlepel gesmelte botter
Maak die harders skoon en sny in fillette.
Verwyder al die graatjies en sny in stukkies.
Voeg al die bestanddele buiten die vis, bymekaar en meng goed tot ‘n gladde dikkerige beslag met geen klonte.
Doop die stukkies vis in die beslag en plaas in jou rooi pannetjie met vlak olie op warm kole en bak vir ‘n paar minute aan ‘n kant tot mooi bruin.
Plaas op handdoekpapier om te dreineer.
Nota:
Dit was so lekker dat ek my kaduks eet en toe net ‘n klein stukkie heerlik sappig gebraaide porkbellie met ‘n halwe beet inskep vir ete.
Sjooeeee en was dit nou lekker.
Resep en foto: Gideon Louw