HARDE VERSIERSEL VIR KOEKIES
- 4 eierwitte (115 ml)
- 800 g versiersuiker
- 5 ml kremetart
- 1 teelepel vanilla geursel
Gebruik die deurskynende vanilla sodat versiersuiker wit is as jy kan.
Maak eierwitte stukkend met ‘n lepel en voeg die res by, meng goed.
Vir groot oppervlaktes kan versiersel slapper wees as die wat jy vir bo-op koekies gebruik.
Plaas in versiersak en sny punt klein oop.
Versier koekies soos verkies. Pak die koekies oop om droog te word.
Punt is baie klein oop om mee te skryf ens, groot oppervlakte kan gaatjie groter wees.
Verpak in lugdigte houers.
Resep en foto: Mari-lette Coleman