HARD GEKOOKTE EIERS IN DIE LUGBRAAIER
Voorverhit lugbraaier tot bo 120°C – ek het tot ± 160°C gegaan.
Plaas eiers in lugbraaier – ek het eiers direk vanuit yskas gebruik.
Stel temperatuur tot 120°C.
Wag 15 minute.
Verwyder eiers en plaas in bakkie koue water.
Ek het die eiers vir ± 1 minuut in die water gehou, want ek verkies louwarm gekookte eiers.
Metode getoets en foto: Meyer Combrinck
Adre Vorster:
Ek gebruik 140ºC vir 11 minute. Dis al, geen vooraf verhitting.
Eiers was medium, as jy sagter wil hê – 10 min. Harder – 12 min. Ek sit sommer 6 in net so.
Doen elke week 6 op ‘n slag.