HANTIE SE LEKKER PAPTERT
- groot pot krummel mieliepap*; los ‘n blokke hoenderekstrak op in die water en 2 eetleppels sout wanneer jy die pap maak
- 1 blik suikermielies
- 1 blik heel mieliepitte, ontwater
- 2 pakkies spekstukkies
- 2 groot uie, fyn gesny
- 2 groen soetrissies, fyn gesny
- 1 pakkie sampioene, gesny
- 5 koppies gerasperde kaas
- 250 ml room
- Aromat vir geur
Maak die pap en verkoel dit effens.
Braai die ander bestanddele tot gaar.
Meng alles en twee koppies kaas deeglik, strooi Aromat oor en dan die res van die kaas.
Plaas in ‘n oondvaste pan en bak teen 180 °C vir 30 minute.
Bedien warm saam met braaivleis.
- KRUMMELPAP 4 – 6 porsies
- 250 ml water
- 1 ml sout
- 500 ml mieliemeel
Bring water en sout tot kookpunt in ’n kastrol.
Giet die mieliemeel in die middel van die water en maak onmiddellik toe met ’n deksel.
Die water moet byna heeltemal wegkook.
Wanneer daar net ’n klein bietjie water in die kastrol oor is, roer jy die mieliemeel deur met ’n vurk – dis hoe die krummels vorm.
Resep en foto: Matthys Venter