Your Recipe Blog

HANNIE SE PEUSELBROODJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

HANNIE SE PEUSELBROODJIES

Ek het vanmôre opdrag gekry om weer buns te maak vir die familie. Toe sommer my eie kop gevolg en heerlik gespeel. Die deeg het fantasties sag geknie en toe vergeet ek van my omgewing. Belowe my kleinkinders gaan hierdie PEUSEL BUNS verorber.
My kop resep was soos volg:

  • 3 koppies koekmeel
  • 1 pakkie kitsgis
  • 2 ml sout
  • 2 eetlepels suiker
  • 100 ml melk
  • 100 ml water
  • 1 eierwit, hou die geel vir later
  • 2.5 eetlepels margarien, gesmelt

Meng die meel, sout, gis en suiker.
Klits nou die eierwit by die melk en water en voeg die margarien wat jy gesmelt het by.
Voeg nou die vloeistof by die meelmengsel en knie so 7 tot 10 minute.
Smeer die bak onder met margarien en bo-op die bol deeg en laat rus vir 1 uur.
Ek het die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlakte uitgerol tot so 15 mm dik en dun stroke gesny en gevleg en knope gemaak en vir die wat hou van margarien smeer, so 4 buns gemaak.
Die eiergeel het ek met so eetlepel water gemeng en bo-op geverf en my ‘kunswerk’ so 25 minute laat rus voor ek dit gebak het.
Oond 180°C en bak so 20 minute tot goudbruin.

Nota:
Water en melk word koud gebruik.

Resep en foto:  Hannie Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page