HANNELIE SE KERKKERRIE EN RYS
Ek wens julle kan dit ruik, ongelooflike geure in die lug… ek is seker my bure gaan netnou klop met ‘n bordjie in die hand, dan sal ons graag deel. 🙂 My man is ‘n diabeet, so vir hom het ek blomkool mash gemaak aan die een kant van die bord en vir my geelrys met rosyne aan die anderkant van die bord. Dankie “Hannelie Clasen.
- 1 kg maalvleis
- 200 g uie, fyngekap (1 koppie)
- 3 wortels, in klein blokkies
- 200 g aartappels, in klein blokkies (1 koppie)
- 1,5 eetlepel kerriepoeier
- 2 teelepels borrie
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 2 teelepel sout
- 2 eetlepels tamatiesous
- 5 eetlepels Worcestersous
- 3 teelepels asyn
- 2 eetlepels blatjang
- 3 teelepels suiker
- 2 koppies water
- 1 klein blikkie ertjies, opsioeneel
- Ekstra: Voeg later by om te verdik:
- 2 teelepels Maizena en 2 teelepels Bisto, aangemaak met bietjie water
Braai die uie tot sag, voeg die maalvleis, borrie en kerrie by en braai tot die maalvleis los is.
Voeg die groente en die res van die bestanddele by.
Prut tot groente sag is. Verdik die sous deur dieMaizena-en Bistomengsel by te meng (of volgens smaak).
Laat ‘n bietjie deurkook.
Bedien op rys met piesangskyfies, klapper en blatjang.
Resep: Hannelie Clasen
Foto en nota: Marina Hiscock