HANNATJIE SE KONDENSMELK VERSIERSEL
Probeer die ook baie lekker.
- 1 blikkie koue kondensmelk
- 240 g Stork Bake, sag maar nie gesmelt nie
- 1 teelepel vanilla geursel
Klits die kondensmelk en Stork Bake tot wit en romerig. Voeg die vanilla geursel by.
Gebruik versiersel soos verkies op koeke of cupcakes.
Regtig baie lekker veral op sjokolade of wortelkoek.
Resep: Hannatjie Vd Berg Pieters
Foto en nota Mariana Van Rooyen: Ek het die versiersel dadelik gebruik na ek gemeng het. Maar dis nogals lekker stewig. Ek het nou die cupcakes in die yskas gesit, want dis nogals warm vandag.